Kies jou eie Avontuur – Professor Frisko se penarie

R130.00

Hierdie boeke is nie soos ander boeke wat jy al gelees het nie… Jy kan dit nie van voor tot agter deurlees nie. Elke boek is vol raaisels en geheime, ompaaie en doodloopstrate … en jy, die leser, moet jou pad daardeur vind! Daar is meer as 40 verskillende eindes, en meer as 95 keuses wat jy moet maak. Jy kan oor en oor na die begin terugblaai en weer begin. Maar wees gewaarsku. Die avontuur is gevaarlik! Kies versigtig…

Professor Frisko se penarie:  Jy is die professor se assistent.  Hy het belangrike navorsing wat nie in die verkeerde hande mag val nie, en hy het dit gekrimp en iewers in die tuin gaan wegsteek.  Nou word jy en die professor ook gekrimp om dit te gaan soek… Kan jy uit die skelms se pad bly, die navorsing betyds opspoor, en die groot gevare in die tuin ontduik?   En jy moet te alle tye probeer om … AAN DIE LEWE TE BLY!

Description

Deur Corlie Putter

Ouderdom: 9 – 14 jaar

A5 Storieboek

100 bladsye

Additional information

Age

, , , , ,

Author

Brand

Anna Emm

Pages

100

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Kies jou eie Avontuur – Professor Frisko se penarie”
Product categories