Ons kan!

R135.00

In die nuutste Babalela-avontuur skrik die Babalela hom yskoud toe daar op ’n dag ’n nare gerammel in die bos is. Hy kan nie glo wat hy sien nie. Aan die rand van die bos dreun en grom ’n reuse-stootskraper. Soos ’n kwaai bul loop die stootskraper ’n klomp bome storm. Die bome knak, vou en val. Oral lê daar bome en bosse rond wat die stootskraper omgeruk het. As die Babalela en sy maats, Wrrrumpie, Meermoskat, Potifant, Knortand en die agt Fripperwakkies, nie vinnig ’n plan maak nie, gaan daar niks van hul geliefde bos oorbly nie! Nog ’n heerlike Babalela-avontuur – met ’n belangrike boodskap oor natuurbewaring en die krag van vriende wat saamspan!

Out of stock

Category

Additional information

Age

Brand

Lapa Uitgewers

Language

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Ons kan!”
Product categories