Die Storieverteller se Boek – ‘n Outobiografie/The Storyteller’s Book – an Autobiography

R160.00

WIE IS ANNA EMM?

“Toe ek sewe jaar oud was, moes ons ‘n mondeling op skool doen oor wat ons wil wees as ons eendag groot is. Ek het gesê ek wil ‘n skrywer word, want dit was al wat ek ooit wou wees vandat ek kan onthou. Maar die onderwyser het my baie mooi laat verstaan dat skryf ‘n stokperdjie is – nie ‘n beroep nie. Dit sou baie jare van frustrasie en ongelukkigheid neem voordat ek sou leer om my nie aan ander se opinies te steur nie. Voordat ek sou besef dat ek nooit werklik vrede sal hê as ek nie my stories kan skryf nie…” – Anna Emm

“Ek glo in die krag van stories. Ek glo dat ‘n goeie storie kan inspireer, motiveer, aktiveer en genees soos geen ander medium op aarde nie. Dit is my hoop dat Anna Emm (Pty) Ltd ‘n bron van sulke stories sal wees.” – Anna Emm

Lees Anna se getuienis nou in haar outobiografie
DIE STORIEVERTELLER SE BOEK / THE STORYTELLER’S BOOK!

A5 Sagteband

SKU N/A Category

Description

Toe Anna Emm besluit om onderwys te gaan studeer in die Boland, het sy geen idee gehad waarheen hierdie pad haar uiteindelik sou lei nie. In 1997 het sy begin skoolhou, as jong onderwyseressie met groot planne om die wêreld te verander. Maar sy was gou ontnugter. Die 8- jarige kinders in haar klas het uit arm, agtergeblewe gemeenskappe gekom. Sy het gou besef dis amper nutteloos om vir kinders te probeer skoolhou terwyl hulle honger, verwaarloos, getraumatiseerd, en stukkend is. Nadat een van die dogtertjies in haar klas gemolesteer is, en ‘n ander kind se ma in gesinsgeweld doodgeskiet is, het Anna die kinders probeer troos met die enigste ding wat ooit werklik vir háár gewerk het: stories. Sy het ure elke dag vir die kinders in haar klas stories voorgelees, en later het sy begin om haar eie stories vir hulle te skryf en te vertel. Sy het die kinders in haar klas self die helde in haar stories gemaak en hulle met haar verbeelding op allerhande avonture gestuur! Die uitwerking wat die stories op hierdie kinders gehad het, was ongelooflik. Nie net het die luister na stories hulle rustiger gemaak nie, maar dit het ook hulle kreatiwiteit en selfvertroue gevoed, en gou het hulle leervermoë drasties begin verbeter. Selfs die swakste leerdertjies het begin om kleurvolle prente te teken, hulle eie stories te skryf, en met entoesiasme en verbeelding deel te neem aan klasgesprekke! Hulle kon feite beter onthou. Hulle kon slegte ervarings beter verwerk en makliker daaroor praat. Anna het begin navorsing doen oor die gebruik van stories as terapie, en sommer gou het sy geweet dat sy haar droom om die wêreld te verander, kon uitleef met die skryf van haar stories.

In 2001 het sy uit die onderwys bedank op soek na ‘n platform vir haar droom. Nadat sy waardevolle ervaring as skrywer en regisseur op die stel van twee televisie-reekse opgedoen het, het die multimedia­gogga haar gebyt, en het sy besluit om die stories wat sy as onderwyseres geskryf het, op CD te laat opneem. Hierdie stories was die heel eerste reeks storie-CD’s uit die pen van Anna Emm, en sou die eerste produkte word wat deur Anna Emm (Pty) Ltd vrygestel en vervaardig is. Vandag, meer as tien jaar later, is hierdie maatskappy die grootste vervaardiger van Afrikaanse kinderstories in die land, met meer as 2 000 nuwe stories op CD, DVD en in boekvorm! Bekende name soos Gys de Villiers, Anna-Mart van der Merwe, Chris Chameleon, Koos Kombuis, Anrich Herbst, Vicky Davis, en talle ander, het al kom kinderstories opneem. Al die stories is deur Anna self geskryf.

 

Additional information

Author

Brand

Anna Emm

Language

,

Pages

240

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Storieverteller se Boek – ‘n Outobiografie/The Storyteller’s Book – an Autobiography”
Product categories