Description
Hulle tweede boek – Soettand, is ook nou beskikbaar.
R195.00
Boontjiestowe, koolfrikkadelle, tamatiebredie, sagopoeding en broodpoeding – eerlik gemaak, sonder fieterjasies en moderne byvoegings – is die onopgesmukte huiskos waarna ons elkeen verlang. Die hartskos wat met ’n stewige dosis van ma se liefde voorberei is en ons instinktief laat weet dat ons by die huis is. Dit is in die reuk van speserye en gebraaide uie, van varsgebakte brood en heerlike soet poeding.
KOOK SAAM KAAPS, in samewerking met RSG, stel die kos van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, twee afgetrede tannies van Bonteheuwel in die Kaap, bekend. Met onfeilbare resepte, perfek-beproef na jare se ondervinding, kan elkeen weer huiskos, soos ons ma’s dit gemaak het, in hul eie kombuise voorberei. Die bestanddele is bekombaar in enige winkel, die resepte nie uitgerek nie, en die resultate is gewaarborg.
Beide Koelsoem en Flori word gereeld deur Amore Bekker van RSG geskakel om hul resepte op haar program, Tjailatyd, te deel.
Hulle tweede boek – Soettand, is ook nou beskikbaar.
Author | |
---|---|
Brand | Lapa Uitgewers |
Language |
You must be logged in to post a review.
This store is currently in demo mode for testing purposes — no orders shall be fulfilled. Once this notice is removed you will be able to purchase our products. Dismiss
Reviews
There are no reviews yet.